Sitrusboerdery geanker in familie, grond en volhoubaarheid. Sitrusboerdery geanker in familie, grond en volhoubaarheid. Sitrusboerdery geanker in familie, grond en volhoubaarheid.

Waar Ons Sitrusverhaal Begin

Die sitrusboerdery is waar die familie se handewerk en verantwoordelikheid vandag die sterkste saamkom. Hierdie afdeling word deur Nico Venter bestuur, een van Boeram Venter se seuns, wat die boorde daagliks lei met ’n fokus op volhoubare groei en konsekwente gehalte.

Geleë in die Sondagsriviervallei, ’n wêreldbekende sitrusstreek met ’n koel, gematigde klimaat, vorm die boerdery deel van ’n gebied wat bydra tot ongeveer 20% van Suid-Afrika se uitvoersitrus na meer as 50 lande.

Met ’n gevestigde oppervlakte van ongeveer 1200 hektaar, word verskeie sitrusvariëteite verbou. Hierdie kombinasie van streek, grond en familiebetrokkenheid maak die sitrusafdeling ’n kernpilaar van Venter Boerdery se toekomsverhaal.

Die Mens Agter die Sitrus

Nico Venter staan aan die stuur van die sitrusafdeling by Venter Boerdery, maar sy wortels lê veel dieper as net boorde en oeste. Hy is eerstens ’n man van geloof, ’n pa, ’n eggenoot en iemand wat glo dat boerdery begin by verantwoordelikheid en eindig by nalatenskap.

As pa van twee seuns en ’n dogter glo Nico dat die waardes wat jy elke dag uitleef, uiteindelik meer saak maak as enige opbrengs. Hy sien boerdery as ’n langtermyn roeping waar mens met wysheid, geduld en respek vir die grond moet werk, sodat daar ook vir die volgende geslag ’n toekoms bly.

Buite die boord is Nico op sy gelukkigste langs die water met ’n visstok in die hand, of op die dansvloer saam met sy vrou, Cindy, waar ’n goeie sokkie nooit afgeslaan word nie. Familie en gemeenskap speel ’n groot rol in sy lewe en dit weerspieël in hoe die sitrusafdeling bestuur word, met mense, verhoudings en volhoubaarheid altyd eerste.

Vir Nico gaan sitrusboerdery nie net oor vandag se oes nie, maar oor om iets gesond, eerlik en volhoubaar oor te dra aan dié wat ná hom kom.

Ons sitrusboerdery

’n Agter-die-skerms blik op die daaglikse werklikheid van sitrusboerdery, waar besluite op die land elke dag die toekoms van die boerdery vorm.

Betroubare Vennote

Ons boerdery funksioneer binne ’n netwerk van gevestigde bedryfsvennote, instansies en organisasies wat standaarde, kwaliteit en volhoubaarheid ondersteun.