Die wildsplaas word bestuur met ’n diep respek vir die natuur en ’n begrip van hoe alles op die plaas saamwerk. Hier gaan dit oor waarneming, geduld en die vermoë om te weet wanneer om in te gryp en wanneer om die natuur sy gang te laat gaan. As boer en bewaarder glo hy dat goeie wildbestuur begin by balans, nie oorbenutting nie, en ’n langtermyn visie vir die grond.